Die aktrise Elsje Slabbert, bekend om haar rol as Carina Rautenbach in die kykNET-sepie Villa Rosa , vertolk nou die karakter van Lisa van Staden in die kykNET-sepie Suidooster . Suidooster speel af in Ruiterbosch, ‘n fiktiewe woonbuurt in Kaapstad, waar die Suidooster-sentrum is. Dit is die kern van die gemeenskap waar die lief en leed van die inwoners afspeel.
Ons het met Elsje oor haar nuwe rol, Villa Rosa en ma-wees gesels. Wie is Lisa en wat maak sy in Ruiterbosch? Lisa kom as sakevrou in Ruiterbosch aan. Sy is ‘n mediese verteenwoordiger vir ‘n farmaseutiese maatskappy wat probeer om hul produkte op die apteek in Ruiterbosch se rakke te kry.
Die storie neem egter ‘n wending wanneer Aiden (Theo Jantjies) halsoorkop op Lisa verlief raak en behalwe daarvoor, gaan die poppe dans . . .
Hoe sal jy Lisa beskryf en van watter karaktereienskappe hou jy? Lisa het ‘n sterk persoonlikheid. Sy is vreesloos en sal berge versit vir die mense wat sy liefhet. Lisa is doelgerig en kan manipulerend wees as iemand in haar pad staan om haar einddoel te bereik.
Sy is ook baie bang vir verwerping en sal enigiets doen om dit te vermy. Dis die eerste keer in sowat sewe jaar dat jy sedert Getroud met Ruby weer in ‘n sepie speel. Hoe het jy dit ervaar om terug te wees op ‘n sepiestel? Dis soos fietsry.
Daarmee bedoel ek nie dis maklik nie. As jy ná jare weer op ‘n fiets klim is dit moeiliker as wat ‘n mens sou dink. Dit neem ‘n tydjie voordat jy weer jou balans en selfvertro.
